Kies die Lewe-kursus
Wat behels die Kies die Lewe-kursus?
Die Kies die Lewe-kursus, gebaseer op die boek met dieselfde naam deur dr. Leonie Pretorius, bied 'n reis na innerlike genesing en herstel. Hierdie kursus fokus op vyf kernonderwerpe:
- God se teken van liefde vir my
- Angs, vrese en bekommernisse word verdryf deur God se volmaakte liefde
- My wonde van seer genees deur Jesus se bloed en wonde
- My skuld en negatiewe gedagtes word verander deur Heilige Gees se hulp
- Die vyand is oorwin deur die bloed van die Lam en die woord van jou getuienis
Hoe kan ek hierdie kursus bywoon?
Die volgende opsies is beskikbaar:
- Klas in 'n lokaal: ‘n Fasiliteerder, beraders en voorbidders in jou omgewing sal tydens die kursus die pad van jou eie innerlike genesing saam met jou stap. Jou handleiding sal by die lokaal tydens die eerste klas aan jou oorhandig word.
- Klas op Zoom: Vir die studente wat nie ‘n fasiliteerder in jou area het nie. Hier sal ook ‘n fasiliteerder, beraders en voorbidders op Zoom tydens die kursus die pad van jou eie innerlike genesing saam met jou stap. Jou handboek sal per koerier na jou huis- of werksadres gestuur word.
Wat gebeur wanneer ek die kursus voltooi het?
- Jy kan hierdie kursus slegs voltooi vir jou eie innerlike genesing en geestelike groei, of
- Wanneer die Hosanna-kriteria vir hierdie kursus deur ‘n student bereik is, word ‘n sertifikaat uitgereik wat jou in staat stel om die opvolgkursus Wees Lig (pastorale beraderkursus) te voltooi.
Hoe registreer ek vir hierdie kursus?
Kontak pastoor Carin Myburgh deur die onderstaande kontakvorm te voltooi; waar sy jou met liefde sal help om in verbinding met ‘n fasiliteerder in jou omgewing te tree. Indien daar nie ‘n fasiliteerder in jou omgewing is nie, kan jy hierdie kursus aanlyn via Zoom voltooi.
Voltooi hierdie vorm vir navrae oor Hosanna se Kies die Lewe-kursus