Donasies

Dit was nog altyd 'n groot droom van dr. Leonie om soveel as moontlik bedieningsmateriaal GRATIS weg te gee. Soos Hosanna tydens die afgelope paar jaar gegroei het, het dit al hoe meer moontlik begin word.

WAT HOSANNA REEDS BIED:

  • Weeklikse preke en kort boodskappe wat op YouTube, die Hosanna-app, SoundCloud en Facebook versprei word.
  • Dr. Leonie se dagstukboek, "Sweef", kan gratis op die Hosanna-app gelees word.
  • Die Hosanna-app (beskikbaar vir Apple en Android) beskik oor die volgende gratis funksies: 'n Bybelvasvra-speletjie, die geleentheid vir app-gebruikers om hulle getuienisse te deel onder 'n interaktiewe afdeling, MP3-preke, Hosanna se kalender en registrasies vir konferensies.
  • Weeklikse nuusbriewe (geskrewe boodskappe uit Vader se hart) wat via e-pos, Facebook en dr. Leonie se webtuiste versprei word.
  • Fasiliteerders oor die hele land, wat die skoene van bereidwilligheid dra om 'n verskil te maak.
  • Beradingskursusse wat provinsiaal en aanlyn aangebied word.
  • Konferensies word deur dr. Leonie regoor Suid-Afrika aangebied soos wat die Here haar na plekke lei. Gebruikersvriendelike aanlyn registrasies is beskikbaar vir konferensies op dr. Leonie se webtuiste sowel as die Hosanna-app.
  • 'n Gebruikersvriendelike aanlyn boekwinkel en DVD-winkel op dr. Leonie se webtuiste. 
  • Gratis aflaaibare MP3-boodskappe op dr. Leonie se webtuiste.
  • Bemarking en blootstelling oor verskeie platforms.

HOSANNA SE DROME VIR DIE TOEKOMS:

  • Publikasies deur dr. Leonie as e-boeke vry te stel.
  • Die app met al sy gratis funksies deurlopend te ontwikkel en nuwe oppwindende funksies gereeld by te voeg. Ons het wonderlike terugvoer en idees vanaf verskeie app-gebruikers gekry.
  • Nóg wyer blootstelling vir Hosanna - hoe meer mense ons bereik, hoe groter is die oes! 

Hy sê toe vir sy dissipels: “Die lande staan ryp met ’n groot oes, maar daar is so min mense om die oes in te samel. (Matteus 9:37)

As jy daaraan dink om saam met dr. Leonie en die Hosanna-span op dié manier die ingeplante Woord van God te verkondig en siele te red, dan sal jou donasie vir die bediening waardeer word.

HOSANNA SE BANKBESONDERHEDE:

Rekeningnaam: Hosanna
Bank: Absa
Tipe rekening: Spaar
Rekeningnommer: 926 048 3960
Takkode: 632 005

ANDER MANIERE:

Indien dit nie vir jou finansieel moontlik is om 'n donasie te gee nie, kan jy nog steeds 'n GROOT VERSKIL maak deur die volgende te doen en ook ander aan te moedig om dit te doen:

  • "Subscribe" op Dr. Leonie se YouTube-kanaal.
  • Laai Hosanna se app af en deel jou getuienis.
  • Registreer vir Dr. Leonie se weeklikse nuusbriewe.
  • "Like" Dr. Leonie se Facebook-blad en deel die boodskappe wat daarop uitgaan met jou vriende.
  • Volg vir Dr. Leonie op SoundCloud en luister gratis na MP3-preke op SoundCloud of op die app.

Dankie dat jy nie deel is van 'n mens se bediening nie, maar van God se bediening, en dat jy saam met die Hosanna-span Sy Naam verheerlik!