Hosanna
Dr. Leonie Pretorius

Biografie: Dr. Leonie Pretorius

Dr. Leonie Pretorius is in 2004 as 'n pastoor georden, waarna sy die CLT pastorale kursus voltooi het. Sy het deur Calvary Universiteit haar B.A.- en Meestersgraad voltooi en in 2008 het sy haar Doktorsgraad cum laude behaal in die vakgebiede Pastorale Terapie, Bybelonderrig en Dwaalleringe in die Kerk.


Sedertdien het sy deur Hosanna baie beraders opgelei wat regoor Suid-Afrika gereed staan om mense met die liefde van Abba Vader te bedien en toe te rus met innerlike genesing. Sy het in praktyk gesien hoe stukkende harte heel word, hoe vrese oorwin word en dat mense nie langer wegsink in depressie nie.


Dr. Leonie bedien interkerklik regoor Suid-Afrika en verder soos wat Abba Vader vir haar deure oopmaak. Die Heilige Gees lei haar na plekke waar daar 'n honger en 'n dors na die waarheid is, sodat sy kan verkondig dat slegs Jesus Christus die Weg, die Waarheid en die Lewe na Vader God is.


Haar passie is dat mense 'n lewende ontmoeting met Christus Jesus sal hê, sodat hulle die liefde wat God vir hulle het as Vader kan leer ken en wedergebore word, en dat hulle Heilige Gees as Persoon sal ontmoet tydens hulle doping met God se Gees; dat hulle sal begin leef in die waarheid om die dinge daar Bo meer as die dinge op die aarde te bedink. Haar hart is om te sien hoe elke liewe mens in hulle PURPOSE opstaan, om in hulle DESTINY die LEWE te KIES; sodat hulle en hul nageslagte geseënd kan wees. Dat niemand maar net sal bestaan nie, maar sal lewe om 'n LEGACY na te laat.


Boekskryf is vir haar 'n groot liefde, en sy het reeds tientalle boeke vrygestel wat in Afrikaans en Engels beskikbaar is. Sy het haar hand al aan filmskryf en -redigering gewaag en twee films ook vrygestel, naamlik Sieraad vir As en Leef die Koning se Droom. In 2023 is die kortfilm Soul Issue ook deur Revolve Productions bekendgestel.

Elke boodskap wat sy deel – hetsy by 'n konferensie, 'n video-opname of in haar weeklikse nuusbriewe – kom vanuit 'n spesiale oomblik waar sy dit ontvang het in 'n ontmoeting, visioen of aanraking van haar Meester.


Elke persoon wat haar getuienis ken, sal weet hoe sy haar roeping voor Jesus opgeneem het met 'n ring in haar hand, skoene in haar hande, 'n mantel oor haar arm en met 'n verklaring: "Here, ek sal gaan en U verlore seuns en dogters na U toe bring."