Sweef se splinternuwe 2020-boksstel is hier!

Sweef deur dr. Leonie is ‘n geestelike reis oor 365 dagstukkies wat die metafore en vergelykings van die Woord soos brood oopbreek sodat dit in die leser se lewe ‘n werklikheid kan word en manifesteer. 

Hierdie boek klop warm van Sy liefde vir jou en dr. Leonie verwoord die daaglikse boodskappe op haar unieke vrygeesmanier soos baie haar deur verskeie konferensies sou leer ken. Sweef neem die leser uit die alledaagse gejaag van die moderne lewe tot by die aangesig van ons Hemelse Vader.

Met vele stof tot nadenke in elke boodskap, kan die leser nie anders as om hom- of haarself voor ‘n spieël te plaas nie, en sodoende introspeksie te doen totdat die weerkaatsing nie meer in ‘n spieël nie, maar in Jesus se oë terug staar! Maak jouself oop vir die werking van die Heilige Gees wanneer jy hierdie boek op ‘n daaglikse basis bestudeer en oor die boodskappe mediteer.

Die voorhangsel is reeds geskeur, maar gaan jy werklik opstaan en met ‘n vuur in jou hart deur daardie poort beweeg? Moenie meer kruip deur die lewe terwyl dit God se wil vir jou is om te SWEEF nie!

  1. Ek het die korrekte kontakbesonderhede en adres op hierdie vorm ingevul, en aanvaar dat Hosanna geen verantwoordelikheid vir foutiewe inligting aanvaar nie.
  2. Jy sal 'n faktuur via e-pos ontvang sodra ons jou bestelling ontvang het.
  3. Stuur asseblief 'n bewys van betaling na info@leoniepretorius.co.za sodra jou betaling gemaak is. Geen versending sal geskied voordat 'n betalingsbewys nie ontvang is nie.
  4. Maak asseblief seker dat jy jou naam en van as verwysing gebruik sodat ons jou bestelling kan verwerk.
  5. Die versendingsfooi is by die prys ingesluit. 'n Ekstra bedrag sal op die faktuur vir internasionale versendings aangedui word.
  6. Versending geskied vanaf 7 tot 10 werksdae vandat 'n betalingsbewys ontvang is. Neem asseblief kennis dat hierdie tydsduur aangepas kan word weens die Covid-19-inperking. Dankie vir jou begrip en geduld in dié verband.
  7. Jy sal 'n spoornommer via e-pos ontvang sodra jou pakkie versend is.