Hierdie boek bevat die Afrikaanse en Engelse weergawe in een publikasie!
Prys: R150 elk (+ R140 koerierfooi)
Pastoor Santie Bothma debuteer in Augustus 2020 met Verhoudings: Die Weg, die Waarheid, die Ewige Liefde – 'n opleidingsgids wat die lig op geestelike innerlike genesing en huweliks-/verhoudingsberading werp.
Ná jare se praktiese ondervinding in dié onderwerp, is sy deur die Heilige Gees gelei om 'n boek daaroor te publiseer sodat mense se harte, verhoudings en huwelike genees kan word.
Verhoudings: Die Weg, die Waarheid, die Ewige Liefde word ook ten sterkste vir geestelike beraders aanbeveel. Hierdie boek is 'n eenvoudige en praktiese gids wat die algemene vrae "Waarom is my huwelik op die rotse?" en "Waar het ek verkeerd gegaan?" beantwoord, maar neem die leser ook in 'n dieper waarheid van God se Woord en Sy wil aangaande 'n heilige huwelik of verhouding.
Ontmoet vir Sarah en Shaun – die twee fiktiewe karakters wat soveel realiteit van huwelike en verhoudings in die 21ste eeu uitbeeld, en maak hierdie reis van herstel jou eie!
Die skrywer se passie vir innerlike genesing kom sterk na vore in die aanbieding van hierdie publikasie; wat 'n noodsaaklike lees vir jong en toekomstige egpare is.
Hierdie boek word ten sterkste aanbeveel vir huweliksberaders en enige persoon wat na innerlike genesing in die huwelik verlang.
Bestelvorm
Bepalings en voorwaardes