Op KIES DIE LEWE volg die kursus, LIG OORWIN DUISTERNIS.
Die INNERLIKE GENESINGSKURSUS, KIES DIE LEWE, het jou gehelp om op te staan in Jesus Christus en gou sal jy agterkom die werke van die vyand is ‘n werklikheid om jou tee te staan om LIG TE WORD EN SY LIG IN MENSE SE LEWENS TE LAAT SKYN SODAT DIE DUISTERNIS SAL VLUG.
Hierdie lywige kursus se naam is tweedelig in die eerste plek, sodat jy in jou LEWENSDOEL sal opstaan en dat alles wat jou wil verhoed dit nie meer sal regkry nie, want jy is gemaak om Sy LIG TE LAAT SKYN. Hierdie gaan jou help om in jou potensiaal te kan opstaan waarvoor God jou geskep het; dat jy sal kan verstaan waarom jy jou hart meer as alles moet bewaak, want daaruit is die oorspronge van jou lewe. En in die tweede plek, om wat in die duisternis aan die gang is aan die lig te bring - Jesus het gekom om die werke van die vyand te verbreek.
Hier gaan jy blootgestel word om eendag mense op ‘n dieper vlak te kan bedien of sommer net dat Die Heilige Gees jou dieper bedien.
Die tweede afdeling van die kursus:
Hierdie hele pastorale terapie BEDIENINGS inligtingsboek is deur my geskryf in en uit die praktyk van jare se BERADING. Waar daar so groot gaping aan kennis in die liggaam van Christus is, sal jy weet jy kan mense in waarheid bedien; nie omdat ek die waarheid is nie, maar omdat ek die WAARHEID LEER KEN HET EN HY WIE DIE WEG, WAARHEID EN LEWE IS my geleer het om soveel in vryheid in Jesus Naam weg te kan stuur om ‘n nuwe lewe te gaan leef wat God verheerlik.
Die koste van hierdie kursus behels R1 500 (Mp3’s, Mp4’s, Handboek en die boek, SIERAAD VIR AS ingesluit); omdat dit as kursus aangebied word, kan jy jou werkstukke laat nasien vir ‘n verdere bedrag van R100 per werkstuk soos Pastoor Santie Bothma jou verdere leiding hiermee gaan gee.
Hierdie materiaal het ook kopiereg op en ons vra dat dit gerespekteer sal word.
Word stil voor Die Here en wag op Sy oortuiging om deel te word van Sy hande en voete wat mense aanraak en nader aan God lei.
Kontak gerus vir Pastoor Santie Bothma by 083 792 0322 vir enige navrae.
Onthou om jou bewys van betaling aan Santie te stuur by santieb@vodamail.co.za sodat jou registrasie suksesvol kan wees.