Hosanna
Dr. Leonie Pretorius

Kies die Lewe • Aanlyn Kursus

 

Ná jare se ondervinding in pastorale terapie en opleiding, het dr. Leonie besef dat daar 'n groot nood is om mense herstel te kry in hulle volle menswees soos Vader God se hart vir ons is.


Ons is werklik in tye van oorvloed waar ons as kinders van God behoort te beleef wat nog geen geslag beleef het nie. Ons het soveel outoriteit en krag in Die Heilige Gees waarmee ons werklik God se koninkryk kan uitbrei en die werke van die vyand kan vernietig, maar ons het in 'n put geval weens 'n gebrek aan kennis.


Hoe sal ons by die groter dinge kan uitkom as ons harte stukkend bly, ons uitmekaar val van angs, en vrese en ons gebuk gaan onder soveel depressie? Jy sal met my saamstem – ons worstel met hierdie dinge net om te oorleef, wat nog van 'n lewe te geniet van oorvloed; dat dit met my goed sal gaan in my liggaam, siel en gees.


Deuteronomium 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag ...


Ná soveel getuienisse uit haar  spreekkamer en as spreker op konferensies, gee dr. Leonie vir jou die geleentheid waar jy ook al is en op jou eie tyd aandag aan jouself te begin gee en vry te kom, en om ander vry te maak in die WAARHEID.


Hierdie kursus bestaan uit die volgende vyf modules:

  1. Leer hoe lief God jou het en weet daarvolgens kan jy Hom uit Sy liefde liefhê, wat jou beskerming en oorvloed is.
  2. Leer hoe om vrese in jou lewe te oorwin wat gepaard gaan met angs en stres, en staan op in jou roeping en doel in die lewe.
  3. Leer hoe word jou wonde van verwerping genees sodat jy nooit weer hoef terug te deins voor seer en fyngevoeligheid nie, en word jy die gesonde persoon wat 'n verskil kan maak in hierdie stukkende wêreld.
  4. Leer hoe om uit die gat van depressie te kom en gevul te word met God se lig sodat jy altyd die duisternis sal kan oorwin met die krag van God se vreugde in jou!
  5. Leer uit God se waarheid dat die vyand oorwin is en wat jou posisie in Christus is wanneer die aanvalle kom. Ons besef nie wat ons outoriteit in Jesus Christus is en in watter krag van God se Gees ons die vyand se werke kan vernietig nie. Jou woorde sal verander vanaf "ek is aangeval" na "ek is meer as 'n oorwinnaar in Jesus Christus."


Wil jy jou lewe verander? Skryf in vir hierdie kursus! Nadat jy die kursus voltooi het, sal jy sien dat jy altyd mense kan bemoedig met die regte antwoorde en so nie net jouself kan help nie, maar ook ander wat dit nodig het.


Koste: R1 000 (handleiding en versending ingesluit).


Voltooi die aanlyn inskrywingsvorm hieronder en stuur 'n bewys van betaling aan santieb@vodamail.co.za om jou inskrywing te verseker.


Vir 'n verdere R100 per werkstuk kan jy, as jy die behoefte daaraan het, jou werkstukke laat nasien by 'n fasiliteerder net om seker te maak jy verstaan waaroor dit gaan en dat jy dit sal kan toepas.


Kontak gerus vir pastoor Santie Bothma by 083 792 0322 vir verdere navrae.


Sou jy voldoen aan die vereistes van Hosanna en dit jou verlange is om in die bediening mense te help, sal jy bekendstelling kry as berader op Hosanna se platform en deel van die span kan word.


Mag jy gelei word deur jou hart en die Heilige Gees wat jou sal oortuig.

Registrasievorm

Bepalings en voorwaardes

  1. Ek neem kennis en aanvaar dat hierdie kursus Woord-gebaseer is.
  2. Inskrywings is slegs geldig indien die kursusfooi betaal is.
  3. Rekeningnaam: Hosanna, Bank: Absa Spaarrekening,  Rekeningnommer: 926 048 3960, Takkode: 632 005
  4. Gebruik asseblief jou naam en van as verwysing en stuur jou bewys van betaling per e-pos aan santieb@vodamail.co.za.
  5. Jou handleiding sal binne 2 werksdae versend word vandat jou bewys van betaling ontvang is. 
  6. Geen fooie is terugbetaalbaar vanaf versending plaasgevind het nie.
  7. Jy is welkom om die kursus op jou eie tyd te voltooi. Pastoor Santie Bothma sal jou deur die proses lei en deurlopend assisteer.