Ná jare se ondervinding in PASTORALE TERAPIE en opleiding, besef ek net dat daar 'n groot nood is om mense herstel te kry in hulle volle menswees soos Vader God se hart vir ons as mens is.
Ons is werklik in tye van oorvloed waar ons behoort te beleef as kinders van God wat nog geen geslag beleef het nie - ons het soveel outoriteit en krag in Die Heilige Gees waarmee ons werklik God se koninkryk kan uitbrei en die werke van die vyand kan vernietig, maar ons het in die put geval van 'n gebrek aan kennis.
Hoe sal ons by die grotere kan uitkom as ons hart stukkend bly, ons uitmekaar val van angs en vrese en ons gebuk gaan onder soveel depressie? Jy sal met my saamstem - ons worstel met hierdie dinge net om te oorleef, wat nog van 'n lewe te geniet van OORVLOED; DAT DIT MET MY GOED SAL GAAN IN MY LIGGAAM, SIEL EN GEES.
Na soveel getuienisse uit my spreekkamer en as spreker op konferensies, gee ek jou geleentheid WAAR JY OOK AL IS OM OP JOU TYD aandag aan jouself te begin gee en vry te kom, en om ander vry te maak in die WAARHEID.
Hierdie kursus kan jy aanlyn voltooi en dit behels 5 modules gebaseer op boek, KIES DIE LEWE:
Skryf in aanlyn as jy jou lewe wil verander. Nadat jy die kursus voltooi het, sal jy sien jy sal altyd mense kan bemoedig met die regte veilige antwoorde en so nie net jouself kan help nie, maar ook ander wat dit so nodig het.
Koste: R1 000 (SLUIT IN VERSENDING, MP3'S EN DIE BOEK, KIES DIE LEWE).
Vir 'n verdere R100 per werkstuk kan jy, as jy die behoefte daaraan het, jou werkstukke laat nasien by 'n fasiliteerder net om seker te maak jy verstaan waaroor dit gaan en dat jy dit sal kan toepas.
Kontak Pastoor Santie Bothma (Huis Lewende Water Middelburg) by 083 792 0322 vir verdere navrae.
Sou jy voldoen aan die vereistes van HOSANNA en dit jou verlange is om in die bediening mense te help, sal jy bekendstelling kry as berader op hierdie webtuiste. Waar ek oral deur die land bedien, is die behoefte onbeskryflik groot aan hande en voete om te help.
MAG JY GELEI WORD DEUR JOU HART EN DIE HEILIGE GEES WAT JOU SAL OORTUIG.
Onthou om jou bewys van betaling aan Santie te stuur by santieb@vodamail.co.za sodat jou registrasie suksesvol kan wees.