Hosanna
Dr. Leonie Pretorius

Hosanna-boekwinkel

Bestel dr. Leonie se boeke vanaf hierdie aanlyn winkel. Neem asseblief kennis dat die bankbesonderhede verander het.

Ek is betrokke by 'n Groter Werk en ek kan nie afkom nie

Ek is betrokke by 'n Groter Werk en ek kan nie afkom nie

Dr. Leonie se persoonlikste boek tot op datum

"Liefde kyk deur 'n verkyker om in te zoom op die mooi en die wyer prentjie te sien, maar kritiek en oordeel deur 'n mikroskoop."

So skryf dr. Leonie Pretorius in haar persoonlikste boek tot op datum – Ek is betrokke by 'n Groter Werk en ek kan nie afkom nie. Soos Nehemia die mure van Jerusalem moes herbou, so het ons elkeen 'n lewensdoel om te voltooi vir God se koninkryk op aarde.

Nes Tobia, Sanballat en Gesem vyande van Nehemia was, sluip daar selfs in vandag se tyd onsigbare vyande in ons lewens in – sommiges selfs so na aan ons soos eggenote – met een doel voor oë: Om ons lewensdoel te probeer vernietig.

"Nehemia se storie het my profesie geword. Daar was niks bonatuurlik aan hom nie; hy was 'n mens net soos ek. Ek het weer die beauty for ashes begin ervaar om terug te kom as leier van Hosanna en te doen waarvoor God my gestuur het."

Hierdie boek is 'n getuienis van die skrywer se oorwinning oor die onsigbare vyand – die narsis – en dien as 'n geestelike en sielkundige riglyn vir elke persoon wat van soortgelyke skade moet herstel.


Price:
ZAR160.00

Plus postage and handling charges.



Terms and conditions - Shipment note



Bepalings en voorwaardes

  1. Bewys van betaling van die totale bedrag PLUS R140 versendingsfooi moet aan Francois by info@leoniepretorius.co.za gestuur word om jou bestelling te bevestig. 
  2. NB: Let wel nuwe bankbesonderhede! Rekeningnaam: Kreatio, Bank: Absa Tjekrekening,  Rekeningnommer: 410 266 5409, Takkode: 632 005
  3. Geen fooie is terugbetaalbaar vanaf versending plaasgevind het nie.
  4. Maak asseblief seker dat jy die korrekte besonderhede by hierdie bestelvorm invul. Hosanna aanvaar ongelukkig geen verantwoordelikheid vir foutiewe inligting verskaf nie.
  5. Die "company"-afdeling word slegs ingevul indien die bestelling by jou werksplek afgelewer moet word.
  6. Versendings geskied binne 5 tot 10 werksdae vandat jou bewys van betaling ontvang is.
  7. Vir meer inligting en navrae, kontak Francois by info@leoniepretorius.co.za.

Boeke geskryf deur Hosanna-spanlede

Klik op die banier van die boek waarin jy belang stel vir meer inligting en om jou bestelling direk by die skrywer te plaas.