Hosanna
Dr. Leonie Pretorius

Hosanna-boekwinkel

Bestel dr. Leonie se boeke vanaf hierdie aanlyn winkel. Neem asseblief kennis dat die bankbesonderhede verander het.

He Gave His Body and He Shed His Blood (Afrikaans)

He gave His Body and He shed His Blood (Afr)

Ontdek die dieper betekenis van die Nagmaal.

He gave His Body and He shed His Blood is dr. Leonie se agste publikasie en beslis ook een van die belangrikste boeke wat sy tot op hede geskryf het. Het jy al ooit gewonder oor die dieper betekenis van Jesus se kruiswoorde? Hierdie boek neem die leser terug na daardie tydlose gebeurtenis in Christelike geskiedenis, maar beklemtoon hoe elke detail selfs tot vandag in ons menswees weergalm. Dr. Leonie se skryfwyse is vereenvoudig sodat He gave His Body and He shed His Blood vir lesers van alle ouderdomme geskik is. Sy is só ernstig oor die dringendheid van hierdie boodskap, dat die boek se titel in Afrikaans en Engels presies dieselfde bly – net soos sy dit van Die Heilige Gees ontvang het. Elke stelling is op God se Woord gebaseer en word op 'n vars manier vir die leser oopgebreek. He gave His Body and He shed His Blood is nie net 'n boek nie, maar 'n openbaring en antwoorde op vrae wat jy nooit eers gedink het jy in jou lewe nodig sou hê nie.


Price:
ZAR150.00

Plus postage and handling charges.



Terms and conditions - Shipment note



Bepalings en voorwaardes

  1. Bewys van betaling van die totale bedrag PLUS R140 versendingsfooi moet aan Francois by info@leoniepretorius.co.za gestuur word om jou bestelling te bevestig. 
  2. NB: Let wel nuwe bankbesonderhede! Rekeningnaam: Kreatio, Bank: Absa Tjekrekening,  Rekeningnommer: 410 266 5409, Takkode: 632 005
  3. Geen fooie is terugbetaalbaar vanaf versending plaasgevind het nie.
  4. Maak asseblief seker dat jy die korrekte besonderhede by hierdie bestelvorm invul. Hosanna aanvaar ongelukkig geen verantwoordelikheid vir foutiewe inligting verskaf nie.
  5. Die "company"-afdeling word slegs ingevul indien die bestelling by jou werksplek afgelewer moet word.
  6. Versendings geskied binne 5 tot 10 werksdae vandat jou bewys van betaling ontvang is.
  7. Vir meer inligting en navrae, kontak Francois by info@leoniepretorius.co.za.

Boeke geskryf deur Hosanna-spanlede

Klik op die banier van die boek waarin jy belang stel vir meer inligting en om jou bestelling direk by die skrywer te plaas.