Hosanna
Dr. Leonie Pretorius

Hosanna-boekwinkel

Bestel dr. Leonie se boeke vanaf hierdie aanlyn winkel. Neem asseblief kennis dat die bankbesonderhede verander het.

Die Waarheid Maak Vry

Die Waarheid maak vry!

Leef in gees en waarheid en vry van tradisie!

In haar jongste publikasie, Die Waarheid maak vry!, breek dr. Leonie die drie sakramente (voete was, die nagmaal-sakrament en die doop) volgens Skriftelike perspektief vir die leser oop. Hierdie boek bevat nie net die antwoorde op soveel alledaagse vrae nie, maar ook kosbare juwele uit Die Woord wat jou geestelike groei sal verryk. Daar word geen doekies omgedraai nie – die skrywer staan vir die waarheid en die waarheid alleen. Ditjies en datjies wat deur die Fariseërs en Wetgeleerdes ingestel is, kom aan die Lig sodat jy nie meer in die duisternis deur die slang mislei kan word nie. In die Lig kan jy SIEN! 'n Skeiding gaan in jou plaasvind met die lees van hierdie boek. Jesus het voorwaar die swaard gebring, sodat ons in absolute vryheid (en deur die oortuiging van Die Heilige Gees) 'n binnekamerverhouding met ons Hemelse Vader kan hê. Dit is juis wanneer die waarheid van Die Woord aan jou geopenbaar word, dat alle mure van tradisie, opinies en ingestelde rituele inmekaar tuimel. Wanneer die waarheid van hierdie boek se boodskap in jou hart gekoester word, sal jy werklik Die Drie-Enige God se grootheid op 'n nuwe manier aanskou en Hom net soveel meer in gees en waarheid aanbid, loof en liefhê.


Price:
ZAR150.00

Plus postage and handling charges.



Terms and conditions - Shipment note



Bepalings en voorwaardes

  1. Bewys van betaling van die totale bedrag PLUS R140 versendingsfooi moet aan Francois by info@leoniepretorius.co.za gestuur word om jou bestelling te bevestig. 
  2. NB: Let wel nuwe bankbesonderhede! Rekeningnaam: Kreatio, Bank: Absa Tjekrekening,  Rekeningnommer: 410 266 5409, Takkode: 632 005
  3. Geen fooie is terugbetaalbaar vanaf versending plaasgevind het nie.
  4. Maak asseblief seker dat jy die korrekte besonderhede by hierdie bestelvorm invul. Hosanna aanvaar ongelukkig geen verantwoordelikheid vir foutiewe inligting verskaf nie.
  5. Die "company"-afdeling word slegs ingevul indien die bestelling by jou werksplek afgelewer moet word.
  6. Versendings geskied binne 5 tot 10 werksdae vandat jou bewys van betaling ontvang is.
  7. Vir meer inligting en navrae, kontak Francois by info@leoniepretorius.co.za.

Boeke geskryf deur Hosanna-spanlede

Klik op die banier van die boek waarin jy belang stel vir meer inligting en om jou bestelling direk by die skrywer te plaas.