Ons glo dat hierdie app vir jou LIG sal bring in daardie oomblikke waar jy donker om jou ervaar; dat elke boodskap via die app jou nader aan die antwoorde in jou lewe sal bring wat Abba Vader eintlik vir jou in gedagte het. Dat jy werklik sal begin beleef dat God liefde is en dat liefde God is; dat jy sal begin beleef hoe jy elke dag kan leef in krag en genesing van Jesus se pryswat vir jou betaal is en dat jy elke sekonde van jou lewe in die Opstandingskrag van God Die Heilige Gees kan leef DEUR 'N PERSOONLIKE VERHOUDING MET JOU VADER, JOU VERLOSSER EN JOU VERTROOSTER.
Ek is BEVOORREG om Hosanna te kan lei soos DIE HEILIGE GEES my LEI.
APP-FUNKSIES:
Getuienisse
Deel jou getuienis onder hierdie afdeling in die app. Jy kan skryf en selfs 'n foto saam met jou plasing pos. Ander app-gebruikers wat deel van die Hosanna-gemeenskap is, kan op jou getuienis kommentaar lewer en jou plasing "like". Jy moet 'n profiel op die app registreer en ingeteken wees om van dié funksie gebruik te maak. Jy kan selfs 'n profielfoto oplaai en jou profiel wysig - dis amper soos Hosanna se eie "Facebook"! Maak ook seker dat jy Hosanna se gemeenskapstandaarde, beleid, termes en voorwaardes lees. Indien jy van hierdie funksie gebruik maak, stem jy outomaties daarmee saam. Dit kan gelees word onder die "Beleid"-afdeling in die app.
MP3-preke
Lees weeklikse nuusbriewe op die app. Alle nuusbriewe sedert 2020 is op die app beskikbaar.
MP3-preke
Luister na weeklikse MP3-boodskappe deur Dr. Leonie op die app via SoundCloud!
Donasies
Indien jy in Hosanna-bediening wil saai, kan jy alle nodige inligting onder die "Donasies"-afdeling op die tuisskerm vind.
Bybelvasvra-speletjie
Toets jou kennis met 'n nuwe vasvra wat elke kwartaal vrygestel word.
Lees Sweef
Dr. Leonie se dagstukboek, Sweef, kan gratis op die app gelees word. Nuwe dagstukkies word deurlopend bygevoeg. Dagstukkies het voorheen op 'n maand-tot-maand basis op die app verskyn en ná elke maand verdwyn. Die dagstukkies bly nou permanent op die app beskikbaar sodat jy kan opvang indien jy agter geraak het. Elke maand se dagstukkies word ook in 'n aparte hoofstuk met die maand se naam gegroepeer om dit meer gebruikersvriendelik te maak.
Kyk preke
Jy kan dr. Leonie se boodskappe onder die "Preke en Videos" afdeling deur die app op jou selfoon kyk! Nuwe preke word weekliks bygevoeg. Maak seker dat jy 'n goeie WiFi/internetkonneksie het. Dit is gratis om die preke te kyk, maar omrede dit "streaming" is, sal dit van jou data gebruik.
Ontmoet die span!
Onder die "Ons Span" afdeling sal jy die gesigte van elkeen wat by Hosanna betrokke is sien! Maak kennis met ons fasiliteerders (wat altyd gereed staan in bereidwilligheid om die Goeie Nuus te verkondig) asook ander spanlede waarmee jy kontak kan maak.
Konferensies
Besigtig 'n lys van opkomende Hosanna-konferensies, besoek die konferensie se inligtingsblad en registreer aanlyn via die app.
Ander belangrike notas
Vir enige bystand/navrae in verband met die app, stuur gerus 'n e-pos aan Francois by info@leoniepretorius.co.za.
Geniet die app en wees geseënd!