"Dit wat in die Duisternis is, sal aan die Lig kom" • Aanlyn Kursus en Registrasie

Op KIES DIE LEWE volg die kursus, DIT WAT IN DIE DUISTERNIS IS, SAL AAN DIE LIG KOM.

Die BERADINGSKURSUS, KIES DIE LEWE, het jou gehelp om op te staan in Jesus Christus en gou sal jy agterkom die werke van die vyand is ‘n werklikheid om jou tee te staan om LIG TE WORD EN SY LIG IN MENSE SE LEWENS TE LAAT SKYN SODAT DIE DUISTERNIS SAL VLUG…

Hierdie lywige kursus se naam is tweedelig in die eerste plek, sodat jy in jou LEWENSDOEL sal opstaan en dat alles wat jou wil verhoed dit nie meer sal regkry nie, want jy is gemaak om Sy LIG TE LAAT SKYN. Hierdie gaan jou help om in jou potensiaal te kan opstaan waarvoor God jou geskep het; dat jy sal kan verstaan waarom jy jou hart meer as alles moet bewaak, want daaruit is die oorspronge van jou lewe en in die tweede plek om wat in die duisternis aan die gang is aan die lig te bring - Jesus het gekom om die werke van die vyand te verbreek… 

Hier gaan jy blootgestel word om eendag mense op ‘n dieper vlak te kan bedien of sommer net dat die Heilige Gees jou dieper bedien…

  • Jy word geleer wat 'n berader se doel is.
  • Waaroor gaan die doop en wie mag doop?
  • Die grootheid van Nagmaal.
  • Wat behoort te gebeur in berading waar die Heilige Gees werk?
  • Pastorale bediening.
  • Hoe help jy iemand om in hulle skeppingdoel te kom?
  • Die verskil tussen bekering en wedergeboorte.
  •  In die selfkennissirkel leer jy mense elke dag probleme hanteer en op los.
  • Die huwelik.
  • Wat is DID - Dissosiasie Identiteit Disfunksie - se invloed op party mense? (Baie basies beskryf en word aanbeveel na ‘n kenner toe op die gebied).
  • Hoe word verslawing hanteer in pastorale terapie?
  • Pas sterwensbegeleiding toe.

Die tweede afdeling van die kursus:

  • POLEMIEK - DWAALLERINGE IN KERKE en ALGEMEEN. Leer meer oor hulle beweringe, maar ook die weerlegging daarvan deur God se Woord wat tot bevryding sal lei.
  • Die Nuwe en Ou Apostoliese kerk.
  • Roomskatolisme.
  • Die Sewende Dag Adventiste.
  • Jehova se Getuies.
  • Die Eennaam-leer.
  • Spiritualisme.
  • Vrymesselary.
  • Godsdienstige Ismes: Mormonisme, Teosofisme, Humanisme, Politeïsme, Panteïsme, Unitarisme, Ateïsme.
  • Die Okkult.
  • Satanisme.
  • New Age.
  • Wanneer raak berading bevryding en hoekom bevryding nie plaasvind nie?
  • Huisskoonmaak.
  • Die duisternis  in sekere kulture se invloed word van naderby bekyk.

Hierdie hele pastorale terapie BEDIENINGS inligtings boek is deur my geskryf in en uit die praktyk van jare se BERADING waar daar so groot gaping aan kennis is in die liggaam van Christus, sal jy weet maar jy kan mense in waarheid bedien nie omdat ek die waarheid is nie, maar omdat ek die WAARHEID LEER KEN HET EN HY WIE DIE WEG WAARHEID EN LEWE IS my geleer het om soveel in vryheid in Jesus Naam weg te kan stuur om ‘n nuwe lewe te gaan leef wat God verheerlik.

Die koste van hierdie kursus behels R1 350 (Mp3’s, Mp4’s en Handboek ingesluit), omdat dit as kursus aangebied word en jy jou werkstukke kan laat nasien vir ‘n verdere bedrag van R50 soos Pastoor Santie Bothma jou verdere leiding hiermee gaan gee.

Hierdie materiaal het ook kopiereg op en ons vra dat dit gerespekteer sal word.

Raak stil voor Die Here en wag op Sy oortuiging om deel te raak van Sy hande en voete wat mense aanraak en lei nader aan God. 

Voltooi die aanlyn vorm hier onder en stuur bewys van betaling aan santieb@vodamail.co.za om jou inskrywing te verseker.

Kontak gerus vir Pastoor Santie Bothma by 083 792 0322 vir enige navrae.

VOLTOOI HIERDIE VORM OM TE REGISTREER: